A system for integrated environmental management in local authorities to inform departmental decision-making: the case of Hessequa Municipality

Date
2016-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Integrated Environmental Management (IEM) provides for a range of principles, tools and ideologies and is rolled out on an international level. There are various versions of IEM, and generally they have shared commonalities which in most cases are linked to sustainable development. The shared features which are always present, irrespective of country, are the impact and influence of the economy, society and the environment. The key ideology surrounding IEM is the continuous effort to find and maintain equilibrium between the economy, society and the environment. This thesis provides an outline of some of the more popular international theories relating to IEM and the practical application thereof with regard to tools and strategies. In South Africa, IEM is directly associated with sustainable development where its primary focus is finding the balance between development and the environment. For this reason, the local context of IEM will also be explored in this thesis, specifically to show how it aligns with the country’s local legislation and programmes. The focus of this study is to show how this ideology by manner of various programmes, statutes and mandates cascades down from the national orbit of the state to local government. The study illustrates the practical application of IEM through the development of tools and programmes with which the philosophy is brought to grassroots level. These tools are specifically developed and prescribed for use by local government and two of the most common types are the Environmental Management System (EMS) and the Environmental Management Framework (EMF). The two tools are discussed as to their definition, the elements making up the tool and the benefits thereof. Discussions surrounding the EMS will include the definition of such a system, elements guiding the tool and the basics thereof, and also provide a brief overview of how it can conform to the ISO 14001 international standard. The analysis of the EMF will entail a definition of the framework, legal standings and purpose thereof, as well as an overview of how such a tool will be structured and the processes involved in its development. In order to demonstrate the development and practical implementation of these tools, Hessequa Municipality, due to its unique biodiversity and environmental management challenges, will be used as a case study. In light of the above an Ethnographic Research: Case Study design is proposed, which will be qualitative in nature and the aim will be to give an in-depth description of the municipality’s ability to perform integrated environmental management. Most of the data will fall within the ambit of textual, hybrid type of data with low control, as flexible and exploratory analysis methods will be used. The aim is to compare different IEM philosophies across the boundaries of the various spheres of government as well as on an international level in the context of international theories. The purpose of the study is to compare different IEM tools and more specifically have an in-depth look at the EMS and EMF respectively and devise the benefits of each if properly developed, implemented and managed. The overall purpose of this study is to assess Hessequa Municipality with regard to the state of its environment and how it adheres to statutory obligations and finally how these tools can be incorporated into the municipal system. The objective being improved environmental performance across the spectrum of the municipal departments.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Geïntegreerde Omgewingsbestuur (GOB) maak voorsiening vir ’n verskeidenheid van beginsels, instrumente en ideologieë en word op internasionale vlak geïmplementeer. Daar is verskeie weergawes van GOB wat oor die algemeen gedeelde gemeenskaplikhede het en in die meeste gevalle aan volhoubare ontwikkeling gekoppel is. Die gedeelde eienskappe wat altyd teenwoordig is, ongeag die land, is die impak en invloed van die ekonomie, die samelewing en die omgewing. Die belangrikste ideologie met betrekking tot GOB is deurlopende pogings om ’n balans tussen die ekonomie, die samelewing en die omgewing te vind en te handhaaf. Hierdie tesis bied ’n uiteensetting van ’n paar van die meer gewilde internasionale teorieë met betrekking tot GOB en die praktiese toepassing daarvan deur middel van instrumente en strategieë. In Suid-Afrika hou GOB direk met volhoubare ontwikkeling verband, met die primêre fokus om die balans tussen ontwikkeling en die omgewing te vind. Om hierdie rede sal die plaaslike konteks van GOB ook in hierdie tesis ondersoek word, spesifiek om aan te dui hoe dit met Suid Afrika se plaaslike wetgewing en programme ooreenstem. Die oogmerk van hierdie studie is om aan te toon hoe hierdie ideologie by wyse van verskeie programme, statute en mandate van die nasionale vlak van regering na plaaslike regering afwentel. Die studie illustreer die praktiese toepassing van GOB deur die ontwikkeling van instrumente en programme waarmee die filosofie na voetsoolvlak gebring word. Hierdie instrumente is spesifiek ontwikkel en voorgeskryf vir gebruik deur plaaslike regering. Die twee wat meer algemeen is, is die Omgewingsbestuurstelsel (OBS) en die Omgewingsbestuursraamwerk (OBR). Die twee instrumente word bespreek met ’n uiteensetting van die definisie, die elemente waaruit die instrument bestaan en die voordele daarvan. Besprekings oor die OBS sal handel oor die definisie van so ’n stelsel, die elemente wat met die instrument en die basiese beginsels daarvan verband hou asook ’n kort oorsig van hoe dit aan die ISO 14001- internasionale standaard kan voldoen. Die ontleding van die OBR sal ’n definisie van die raamwerk, wetlike standpunte en die doel daarvan behels, asook ’n oorsig van hoe so ’n instrument gestruktureer sal word en die ontwikkelingsprosesse wat daarmee gepaard gaan. Ten einde die ontwikkeling en praktiese implementering van hierdie instrumente te demonstreer, sal Hessequa Munisipaliteit, gegewe sy unieke biodiversiteit en uitdagings met omgewingsbestuur, as ’n gevallestudie gebruik word. In die lig van bogenoemde word ’n Etnografiese Navorsing: Gevallestudie-ontwerp voorgestel, wat kwalitatief van aard sal wees en met die doel om ’n grondige beskrywing te gee van die munisipaliteit se vermoë om geïntegreerde omgewingsbestuur toe te pas. Die meeste van die data sal binne die bestek van tekstuele, hibriede tipe data met lae beheer val, aangesien buigsame en ondersoekende ontledingsmetodes gebruik sal word. Die doel is om verskillende GOB-filosofieë oor die grense van die verskillende sfere van regering, asook op internasionale vlak in die konteks van internasionale teorieë te vergelyk. Die doel van die studie is om verskillende GOB-instrumente te vergelyk en meer spesifiek die OBS en OBR onderskeidelik deeglik in oënskou te neem en elkeen se voordele te bepaal indien dit behoorlik ontwikkel, geïmplementeer en bestuur word. Die oorkoepelende doel van hierdie studie is om Hessequa Munisipaliteit te evalueer ten opsigte van die stand van sy omgewing en hoe dit aan statutêre verpligtinge voldoen en hoe hierdie instrumente gevolglik in die munisipale stelsel opgeneem kan word. Die mikpunt is verbeterde omgewingsprestasie oor die hele spektrum van munisipale departemente.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Environmental Management -- Developing countries, Decision making, Sustainable development -- Environmental aspects, UCTD
Citation