‘‘Subsidiarity’’: What's in the name for constitutional interpretation and adjudication?

Date
2006-02
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Juta Law Publishing
Abstract
INTRODUCTION: ‘‘I would lay it down as a general principle that where it is possible to decide any case, civil or criminal, without reaching a constitutional issue, that is the course which should be followed.’’ This seemingly unspectacular dictum comes from the minority judgment in the controversial Mhlungu case, one of the earliest judgments of the South African Constitutional Court. Though it is not often cited (both in the literature and the case law) the said dictum seems to articulate a ‘‘principle’’ of considerable significance. The purpose of this article is to show that this dictum and the ‘‘principle’’ to which it refers are commensurate with and indeed a verbalisation of the notion of subsidiarity which, subject to caveats, has a constructive role to play in constitutional interpretation and adjudication. It will moreover be argued that (and shown why) it is desirable to name (and thereby explicitly recognise) the hitherto unnamed ‘‘Mhlungu principle’’ as an instance of adjudicative subsidiarity, and to distinguish it from other forms of subsidiarity which are also of interpretive and adjudicative significance.
Met ’n dictum van Kentridge WnR in S v Mhlungu 1995 7 BCLR 793 (1995 3 SA 867) (CC) par 59 as vertrekpunt, verken die skrywer die belang van subsidiariteit in (en vir) grondwetsvertolking en beregting. Hy identifiseer Kentridge WnR se omsigtigheidsvermaning dat enige saak, siviel of krimineel, verkieslik beslis moet word sonder om ’n grondwetlike geskilpunt daarvan te maak (‘‘without reaching a constitutional issue’’) as ’n verskyningsvorm van beregtende subsidiariteit wat van ’n hof verg om ’n a-(of minstens indirek) konstitusionele bo ’n streng konstitusionele wyse van geskilberegting te verkies wanneer die beslegting van die regsvraag vir die eersgenoemde ruimte laat (en nie noodsaaklikerwys die laasgenoemde verg nie). Dı´t onderskei die skrywer van jurisdiksionele subsidiariteit wat manifesteer as voorkeur vir ’n minder intens bemagtigde en minder omvattende (‘‘laer’’) forum om ’n (grondwetlike) saak af te handel wanneer dit ook al moontlik is. Die potensiaal van altwee vorme van subsidiariteit om tot die ontwikkeling van die bestaande (veral gemene-)reg by te dra op ’n wyse wat grondwetlike waardes en regte bevorder, word ondersoek. Na oorweging van moontlike voetangels wat ’n onbehoorlike beroep op subsidiariteit in die grondwetsvertolker en beregter se pad kan plaas, word tot die slotsom geraak dat nadenkende steun op subsidiariteit in grondwetsvertolking en -beregting die tweerigtingverkeersvloei tussen grondwetlike waardes, regte en norme aan die een kant, en die waardes, regte en norme van (en ingevolge) die bestaande reg aan die ander kant aansienlik kan help vlot. Om subsidiariteit by die naam te noem en oor die eienskappe en effekte daarvan te besin kan, volgens die outeur, ons verstaan van die heilsame uitwerking wat (die implementering van) subsidiariteit kan heˆ , aansienlik verdiep (soos wat gebeur het met ‘‘proporsionaliteit’’ as maatstaf vir die beperking van grondwetlike regte). Subsidiariteit kan daartoe bydra dat die Grondwet ’n bestaanswyse, eie aan sigself, deur die lewende reg verwesenlik en dat die lewende reg, deur die Grondwet bemagtig en besiel met waardes wat die gees, strekking en oogmerke van die Grondwet adem, kreatief en vernuwend kan groei.
Description
CITATION: Du Plessis, L. 2006. ''Subsidiarity'' : what's in the name for constitutional interpretation and adjudication? . Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif 17(2):207-231.
The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_slr
Keywords
South Africa. Constitutional Court, Subsidiarity, Adjudicative subsidiarity -- South Africa
Citation
Du Plessis, L. 2006. ''Subsidiarity'' : what's in the name for constitutional interpretation and adjudication? . Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif 17(2):207-231.