'n Polisistemiese ondersoek na veranderinge in die Afrikaanse kinderliteratuur-sisteem sedert 1990

Date
2010-03
Authors
Oosthuizen, Mia Magriet
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Afrikaans children's literature has long been neglected in the Afrikaans literary polysystem and has been considered inferior by numerous figures, especially litterateurs. The negative effect of this attitude has been a shortage of academic studies on Afrikaans children's literature, the marginalised position of the genre in the Afrikaans literary canon and the absence of a general literary definition of "children's literature". The 1990’s see the dawn of a new democratic era in South Africa and a subsequent revival of the system of Afrikaans children's literature. However, despite this revival and growth, there is still a shortage of dedicated research into this genre. This thesis details the changes in the children's literature system that has occurred since 1990, by way of a polysystemic approach. The polysystem theory, as developed by Itamar-Even Zohar, serves as foundation for this study. Questions around genres, subgenres and problems surrounding the umbrella term "youth literature" are addressed. The age group of the readers of children's book are defined and a general definition of the children's literature genre is formulated. Based on this definition, ten academic studies since 1990, all of which are devoted specifically to children's literature, are identified and discussed. A historical overview of the development of Afrikaans children's literature is presented to support the choice of 1990 in the scope of the literature review. It is shown that the events that lead to the changes since 1990 are generally attributable to the political changes in South Africa that lead to the first democratic election in 1994. These changes in the different social and political systems are related to the changes in the children's literature system. It is further shown that these changes are reflected in the children's book itself, and are discussed in terms of the clear trends that emerge in children's literature and children's books since 1990. These trends are illustrated by an examination of six relevant publications. A literary definition of the term "children’s literature" is presented.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Afrikaanse kinderliteratuur is vir lank as die stiefkind in die Afrikaanse literêre polisisteem behandel en is deur verskeie rolspelers, veral literatore, as minderwaardig beskou. Negatiewe gevolge wat hieruit spruit, is onder andere 'n tekort aan akademiese studies oor Afrikaanse kinderliteratuur, die genre se marginale posisie in die literêre kanon en gebrek aan 'n algemene en letterkundige definisie van die term "kinderliteratuur." Teen die 1990's breek daar 'n nuwe era van demokrasie in Suid-Afrika aan en is daar gepaardgaande herlewing in die Afrikaanse kinderliteratuur-sisteem. Ten spyte van hierdie herlewing en groei wat by Afrikaanse kinderliteratuur plaasvind, is daar steeds 'n tekort aan navorsing wat spesifiek oor hierdie genre gedoen word. In hierdie tesis word die veranderinge wat sedert 1990 in die kinderliteratuur-sisteem plaasgevind het, ondersoek aan die hand van die polisisteem-benadering. Die polisisteemteorie, soos ontwikkel deur Itamar Even-Zohar, dien as teoretiese grondslag van hierdie studie. Kwessies omtrent genres, subgenres en probleme rakende die gebruik van die sambreelterm "jeugliteratuur" word bespreek. Die ouderdomsgroep van die kinderboek-lesers word afgebaken en 'n algemene definisie vir die genre kinderliteratuur word geformuleer. Na aanleiding van die algemene definisie van kinderliteratuur word tien akademiese studies geïdentifiseer en bespreek wat sedert 1990 verskyn het en spesifiek handel oor kinderliteratuur. As deel van die motivering vir die gebruik van 1990 as afbakening van die ondersoeksveld, word 'n historiese oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse kinderliteratuur ook gebied. Daar word getoon dat die gebeure wat aanleiding gegee het tot die veranderinge wat sedert 1990 plaasgevind het, grootliks gekoppel kan word aan die politieke veranderinge wat tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994 in Suid-Afrika gelei het. Hierdie veranderinge in die verskillende sosiale en politieke sisteme word in verband gebring met die veranderinge in die kinderliteratuur-sisteem. Daar word ook getoon dat die verskillende veranderinge neerslag vind in die kinderboek. Hierdie veranderinge word bespreek na aanleiding van die tendense wat in die Afrikaanse kinderboek waargeneem kan word. Die tendense word aan die hand van 'n steekproef van 6 kinderboeke geïllustreer. 'n Letterkundige definisie van die genre kinderliteratuur word aangebied.
Description
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Kinderliteratuur, Polisisteem teorie, Children's literature, Afrikaans -- History and criticism, Dissertations -- Afrikaans literature, Theses -- Afrikaans literature
Citation