A delicate balance : equality, non-discrimination and affirmative action in Namibian constitutional law, as compared to South African and U.S. constitutional law

Date
2002-12
Authors
Cassidy, Elizabeth Ann Kandravy
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis examines the constitutional law of equality, non-discrimination and affirmative action in Namibia, and compares it to that of South Africa and the United States. Namibian judicial interpretation in these areas seeks to balance the need to safeguard the internationally recognized human rights that the Namibian Constitution guarantees with the need to ensure that Namibian constitutional law is seen as grounded in Namibia's historical experience and culture. This latter imperative derives from the Namibian Constitution's origins in an international negotiation process, which has led to some popular criticism of the Constitution as foreign and imposed. As a result, Namibian courts have been careful to ensure that reliance on foreign precedent (where there is no local authority) does not diminish the Constitution's unique character and its suitability to the Namibian situation. To that end, the Namibian courts have given great weight to the role of current Namibian societal values in constitutional interpretation. In the areas of equality, nondiscrimination and affirmative action, Namibian courts have generally followed the South African approach, except with respect to discrimination on the basis of sexual orientation. The author concludes that the adoption of the South African approach generally makes sense for Namibia, and specifically criticizes the Namibian courts' approach to sexual orientation discrimination. The statutes enacted in Namibia to carry out the Constitution's equality and nondiscrimination guarantees, including in the area of affirmative action, are also considered. While these statutes have not yet been subject to judicial interpretation, it seems likely that future cases presenting issues arising under these statutes will necessitate the same balancing referred to above. The thesis begins with an overview of each Constitution's textual treatment of equality, non-discrimination and affirmative action, and a discussion comparing the background and basic structure of the three Constitutions. It then focuses on the judicial and legislative interpretation of the concepts of equality and nondiscrimination in Namibia, as compared to that in South Africa and the US. Following that, the author discusses the judicial and legislative interpretation of the concept of affirmative action in Namibia, also as compared to that in South Africa and the United States. The thesis ends with the author's conclusions and some predictions as to how the Namibian courts might rule on certain issues that seem likely to arise in these areas in the future.
LLM Tesis deur Elizabeth Kandravy Cassidy, '''n Delikate Balans: Gelykheid, nie-diskrimnasie en gelykberegtiging in Namibiese staatsreg - 'n vergelykende studie met Suid-Afrikaanse en Amerikaanse Staatsreg" (2002) Hierdie tesis ondersoek die staatsregtelike beskerming van gelykheid, niediskriminasie en gelykberegtiging in Namibië in 'n regsvergelykende studie van Suid- Afrikaanse en Amerikaanse staatsreg. Namibiese geregtelike interpretasie op hierdie gebied poog om 'n balans te handhaaf tussen die behoefte om internasionaal erkende menseregte deur die Namibiese grondwet te waarborg en die behoefte om te verseker dat die grondslag van die Namibiese staatsreg soos gevestig in sy geskiedenis en kultuur behoue bly. Laasgenoemde beweegrede spruit voort uit die feit dat die Namibiese grondwet sy oorsprong te danke het aan 'n internasionale onderhandelingsproses, wat gelei het tot die algemene siening dat die grondwet vreemd is en nie uit eie geledere afgedwing word nie. Gevolglik steun die Namibiese howe met omsigtigheid op buitelandse presedente (waar daar geen plaaslike gesag is nie) met die oog op behoud van die grondwet se unieke karakter en gepastheid binne die Namibiese konteks. Met hierdie doel voor oë, plaas die Namibiese howe in grondwetlike interpretasie, groter klem op die rol van kontemporêre gemeenskapswaardes in Namibië. Op die gebied van gelykheid, nie-diskriminasie en gelykberegtiging volg die Namibiese howe oor die algemeen die Suid-Afrikaanse benadering, behalwe in die geval van diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie. Die skrywer kom tot die gevolgtrekking dat die toepassing van die Suid-Afrikaanse benadering in die algemeen sinvol is binne die Namibiese konteks and kritiseer die Namibiese howe se benadering tot diskriminasie op grond van seksuele orientasie. Die wetgewing wat in Namibië uitgevaardig is om die grondwetlik gewaarborgde gelykheid en nie-diskriminasie, insluitend gelykberegtiging te verseker word ook ondersoek. Alhoewel hierdie wetgewing nog nie aan geregtelike interpretasie onderwerp is nie, blyk dit dat toekomstige uitsprake waar die wetgewing ter sprake kom ook die balansering van hierdie belange sal noodsaak. Die tesis begin met 'n oorsigtelike bespreking van die benadering tot gelykheid, niediskriminasie en gelykberegtiging van die onderskeie grondwette en 'n regsvergelykende bespreking van die agtergrond en basiese struktuur van die drie grondwette. Vervolgens fokus die tesis op die geregtelike interpretasie van die beginsels van gelykheid en nie-diskriminasie in Namibië, in vergelyking met Suid- Afrika en die Verenigde State. Daarna bepreek die skrywer die geregtelike en wetgewende interpretasie van die beginsel van gelykgeregtiging in Namibië, ook in 'n regsvergelyking met die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse posisie. Die tesis sluit af met die skrywer se gevolgtrekkings en 'n paar voorspellings oor die moontlike benadering wat die Namibiese howe in die toekoms sal volg tot sekere regskwessies wat in hierdie vakgebied kan voorkom.
Description
Thesis (LLM)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Comparative law, Constitutional law -- Namibia, Constitutional law -- South Africa, Constitutional law -- United States, Civil rights -- Namibia, Civil rights -- South Africa, Civil rights -- United States, Affirmative action programs -- Namibia, Affirmative action programs -- South Africa, Affirmative action programs -- United States, Dissertations -- Law, Theses -- Law
Citation