Studente se leerbetrokkenheid aan 'n privaat hoeronderwysinstelling

Date
2016-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Voorgraadse residensiële studente in Suid-Afrika se studie- en leerbehoeftes verskil beduidend van dié van vorige geslagte. Dit blyk duidelik uit die onlangse studente-onrus oor aangeleenthede soos studie-bekostigbaarheid, studente-toegang tot hoër onderwys en die leermodusse in hoër onderwys. Nuwe leerbehoeftes hou ook verband met aspekte soos tegnologiese geletterdheid, onmiddellike behoeftebevrediging, die beskikbaarheid van kennisbronne, studente se sosiale aspirasies en -verbintenisse, hul self-gesentreerdheid asook die mate van studentebetrokkenheid by onderrig- en leersituasies. Hierdie navorsingsprojek se eerste doel was om te bepaal wat die leerbehoeftes van 'n groep studente aan 'n gekose privaat hoëronderwysinstelling is; tweedens is gepoog om vas te stel hoe betrokke hierdie groep studente, volgens hul eie waarneming en dié van hul dosente, by leersituasies is en derdens, wat gedoen kan word om leerbetrokkenheid te bevorder en derhalwe studente se potensiaal tot leersukses te verhoog. Deur 'n gemengde-metode navorsingsontwerp en deelname van die studente en dosente, maak die ondersoek drie hoofbevindings: Eerstens dat veranderende leerbehoetes van huidige studente in privaat hoëronderwys deeglik besef en erken word. Tweedens dat sodanige studente hul betrokkenheid by leer deurgaans as belangrik beskou, maar dat voldoende leergeleenthede enersyds moontlik nie optimaal deur die instelling geskep word nie, of andersyds, waar dit wel geskep word, dit nie optimaal benut word nie. Derdens blyk dit dat studente in privaat hoëronderwys bepaalde leerbehoeftes het wat, indien dit bevredig word, kan bydra tot groter leerbetrokkenheid. Die bevindinge dui ook op implikasies vir dosente aan hierdie tipe instellings om beter vir 'n nuwe generasie studente se leerbehoeftes voorsiening te maak.
Description
CITATION: Theron, E. & Bitzer, E. 2016. Studente se leerbetrokkenheid aan 'n privaat hoeronderwysinstelling. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):207-220, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n1a13.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
Education, Higher -- South Africa, Students -- South Africa, Student engagement -- South Africa, Private higher education -- South Africa
Citation
Theron, E. & Bitzer, E. 2016. Studente se leerbetrokkenheid aan 'n privaat hoeronderwysinstelling. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):207-220, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n1a13.