"Garrisoning the moon against an attack from Mars"; the siege of Mafeking and the imperial mindset.
Abstract
Die Beleg van Mafeking sal altyd 'n belangrike hoofstuk in die annale van Imperialisme wees. Die amptelike interpretasie van gebeure word
geboekstaaf deur dagboeke. Drie Victoria Kruise is toegeken, en loopbane en
reputasies, wat die glorie van 'n dankbare Ryk weerspieël het, was gewaarborg.
Maar was dit die realiteit? Hierdie referaat poog om 'n breër perspektief en
derhalwe 'n beter begrip van die Beleg weer te gee. Dit sluit in Sol Plaatje se
beskrywing van die onthutsende opofferings deur swartes; Abraham Stafleu se
weergawe van die onbekwaamheid en onverdraagsaamheid van die
Boereleierskap en hoe naby hulle aan 'n oorwinning was. Ada Cock met haar
babas se heroïese stryd om oorlewing te midde van 'n nagmerriewêreld van angs
en warboel. Sulke dergelike wyd uiteenlopende perspektiewe illustreer die dilemmas
in die weg van die wat Imperialisme wil verstaan. Hierdie ideologie het
sy ontstaan te danke aan die Britse adel se oorlewingsdrang en het ontwikkel tot
'n globale dominasie-meganisme. Die magie van Imperialisme het miljoene
betower en vele het hulle lewens daarvoor opgeoffer. Teenoor diegene wat die
Imperialistiese ideaal gedien het, was daar bevolkingsgroepe wat gely het; en
selfs in die 1990s is daar nag groot bevolkingsgroepe van 'lewende gewondes'
wat sukkel om hulle te versoen met die wêreld wat die Imperialiste geskep het.