'n Ondersoek na 'n geskiedenisonderrigstrategie vir groot klasse in swart onderwys

Loading...
Thumbnail Image
Date
1987-08
Authors
Thirion, Gert Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Within the context of a changed socio-cultural climate, the demands by Blacks in the Republic of South Africa, for equality of opportunity with regard to education and equal education, are increasingly being heard. The unprecedented increase in student numbers, the lack of suitably qualified black teachers, as well as the availability and quality of physical facilities, makes it difficult to meet those demands. Large classes is a problem faced by teachers in general and the history teacher in particular. This situation is unlikely to change dramatically in the near future especially in the light of the problems mentioned above. To enable black history teachers to function effectively, despite large classes, we examined a teaching strategy designed to improve the effectiveness of teaching within the problem situation, To this end an anthropological perspective on black education was adopted, Within this context relevant aspects of black expectations and the black experience of reality was focussed on. This served as a basis for examining the problems experienced by black history teachers. In order to identify these problems, if any, use was made of a questionnaire. the results obtained underlined the need for a teaching strategy suitable for large classes. Fundamental-didactic principles were examine in order to provide a sound base for the development of the strategy. In describing the strategy the nature of specific and general problems, encountered by pupils in - and teachers of history was constantly kept in mind. The strategy is, in fact, designed to alleviate these problems. The literature on large class teaching was examined. The evidence supported the feasibility of large class teaching as defined in the present study. Finally the teaching strategy was evaluated by using one set of didactic principles as criteria.
Afrikaans: In die kontemporêre maatskaplike bestel, waarin die swartmense in die Republiek van Suid-Afrika hulle tans bevind, word die eise om gelyke onderwysgeleenthede en gelykwaardige onderwys aan die owerhede al hoe groter. Die geweldige toename in leerlingtalle, die gebrek aan goed-gekwalifiseerde swart onderwysers, asook 'n gebrek aan fisiese onderwysgeriewe, bring mee dat owerhede dit moeilik vind om aan hierdie eise te voldoen. Die groat aantal leerlinge in klasse was en is steeds 'n probleem wat in die algemeen deur onderwysers maar in die besonder die geskiedenisonderwyser, ervaar word. Dit is 'n realiteit wat vir die volgende dekade of twee werklikheid sal bly aangesien die tekort aan gekwalifiseerde onderwysers en genoeg goed-toegeruste fisiese fasiliteite vir 'n geruime tyd sal voortduur. Om die swart geskiedenisonderwyser in die interim tydperk te help om die grootklasprobleem die hoof te bied, is daar na 'n onderrigstrategie vir 'n groot klas gekyk waardeur effektiewe onderrig moontlik gemaak kan word. Om daarby uit te kom, is 'n antropologiese skou op swart-georiënteerde onderwys as vertrekpunt geneem waardeur die relevante fasette van swartmense se belewing en verwagtings van die werklikheid en hulle menswees, van nader beskou is. Met dit as basis vir verdere besinning, is daar gelet op probleme waarmee swart geskiedenisonderwys te kampe het. Probleme wat uit vraelyste verkry is, het die realiteit van hierdie probleme bevestig en die behoefte aan 'n grootklas-onderrigstrategie duidelik uitgewys. 'n Fundamenteel-didaktiese begronding van 'n grootklasonderrigstrategie is gedoen sodat 'n vaste basis verkry kan word waarop sodanige strategie gebou kan word. Daar is verder ook op die enkaptiese vervlegtingsverband tussen die onderrigstrategie en die lesplan, -ontwerp en -struktuur gewys. In die beskrywing van die strategie is die aard van die besondere en algemene probleme van die swart geskiedenisleerling en -onderwyser voortdurend in gedagte gehou. Die strategie is dan ook so beplan dat dit hierdie probleme spesifiek aanspreek. Daarna is daar op die didakties-pedagogiese verantwoording van onderrig in 'n grootklassituasie gelet. Ten slotte· is hierdie onderrigstrategie aan die hand van die didaktiese beginselleer geëvalueer.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Education))--University of the Free State (Vista), 1987, Teaching strategy, Black history teachers
Citation