Die gebruik van fantasie om kreatiwiteit by kleuters te bevorder: 'n begeleidingsprogram vir moeders

Loading...
Thumbnail Image
Date
2002-08-31
Authors
Hattingh, Johannes Gerhardus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In order for individuals to be able to deal with life’s current demands, they must be able to focus on various creative solutions. Therefore it is important to enrich a child’s life by stimulating his/her imagination, developing his/her mind and freeing his/her emotions from reality in order to find his/her meaning of life. The 5- and 6-year-old phase is seen as the most creative phase of development, where a child’s imaginary world can be stimulated through fantasy. To give creative support to the child may have a positive impact on his/her development, but this effect could be neutralised if he/she doesn’t have the support, understanding and stimulation from the mother. Since she is also the primary caregiver, this programme focused on mothers of 5- and 6-year-old children. A guidance programme was developed in accordance with a wide literature search. Psychofortology was used as a theoretical frame of reference in order to emphasise fortogenesis as opposed to pathogenesis. In order to gain a more holistic view, the developmental tasks of both mother and child were discussed. Creativity is a proficiency that can be developed, stimulated and enhanced, and is something that every human being is capable of. From the definition of creativity the following areas are important : the person, the environment, the process and the product. Fantasy carries strong psychological themes, and includes myths, stories, fables, legends, imagination and fairy tales. It gives ideas on how to explore various alternatives. Fantasy is thus a critical element in creative imagination, and parents, as well as children, should explore it as a part of balanced development. Creative fantasy must be re-evaluated in order to help individuals cope in a swift changing society. The Creation meta-model was used here as a summarised version in order to explain creative fantasy. This model was developed through the use of the following meta- models : The Fantasy Tornado and the Creativity Cycle. The sample of this study consisted of 83 Afrikaans speaking mothers with their 5- and 6-year-old children. These children attended private pre-primary schools and playgroups in Witbank and the surrounding area (Mpumalanga). The Solomon four-group design was used for the experimental research. The implementation of the guidance programme on the experimental group served as the intervention. The Torrance Tests of Creative Thinking, (TTCT) figural form, was used as the measuring instrument and the Creativity Index as the parameter of creativity. The most important findings of this study are : • It is possible to stimulate and enhance creativity of mothers and their 5- and 6-year- old children in the short term, through the use of fantasy, by putting the mothers through a programme. • The Fantasy Tornado is a meta-model that was developed to explain fantasy. • As a meta-model the Creativity Cycle tried to emphasise the most important aspects of creativity. • The Creation meta-model was developed in order to provide an integrated theory of creative fantasy.
Afrikaans: Ten einde eise in die hedendaagse lewe effektief te hanteer, moet persone met kreatiewe oplossings vorendag kom. Kreatiwiteitsontwikkeling se bestaansreg is geleë in die feit dat daar op verskeie oplossings gefokus word. Vir ‘n kind se lewe om kreatief verryk te word, is dit belangrik om sy/haar verbeelding te stimuleer, sy/haar verstand te ontwikkel en sy/haar emosies van realiteit te bevry om sodoende lewensbetekenis te vind. Die 5- en 6-jarige kleuterfase word as die mees kreatiewe fase van ontwikkeling gesien, waartydens ‘n kind se verbeeldingswêreld deur middel van fantasie gestimuleer kan word. Om kreatiewe hulpverlening slegs aan die kleuter te verskaf sou wel ‘n bydrae kon lewer, maar dit kan geneutraliseer word, indien die kleuter nie die nodige begrip, ondersteuning en stimulasie van die moeder kry nie. Aangesien sy ook gewoonlik die primêre versorger van die kleuter is, is die ontwikkeling van vaardighede op háár toegespits. So is ‘n begeleidingsprogram na aanleiding van ‘n wye literatuurstudie saamgestel en aangebied. Die psigofortologiese benadering is as teoretiese raamwerk gebruik. Hierdie benadering bied ‘n geleentheid waarvolgens die klem vanaf patogenese na fortigenese verskuif. Deur die ontwikkelingstake van sowel die moeder as die kleuter te bestudeer, word ‘n meer holistiese beeld van ontwikkeling gevorm. Fantasie dra sterk sielkundige temas en sluit mites, stories, fabels, legendes, verbeelding en sprokies in. Dit wys die pad aan om verskeie alternatiewe te eksploreer. Fantasie is dus ‘n kritiese element in kreatiewe verbeelding en ouers en kinders moet dit eksploreer as deel van gebalanseerde ontwikkeling. Kreatiwiteit is ‘n vaardigheid wat ontwikkel, gestimuleer en verhoog kan word en is vir elkeen beskore. Uit die definisies van kreatiwiteit blyk die volgende areas van kernbelang te wees : die persoon, die omgewing, die proses en die produk. Kreatiewe fantasie moet herevalueer word, ten einde mense te help om aan te pas in ‘n snel veranderende samelewing. Die Kreasie-meta-model is as opsommende model voorgehou ten einde kreatiewe fantasie te verklaar. Die Kreasie-meta-model is saamgestel na aanleiding van die meta-modelle genaamd die Fantasie-tornado en die Kreatiwiteitskringloop. Die steekproef van hierdie studie het uit 83 Arikaanssprekende en hulle 5- en 6-jarige kleuters bestaan, wat privaat kleuterskole en speelgroepe in Witbank en omgewing (Mpumalanga) bygewoon het. Vir die eksperimentele navorsing is die Solomon-viergroepontwerp gebruik. Die toepassing van die begeleidingsprogram op die eksperimentele groep het as die ingreep gedien. Die Torrance Tests of Creative Thinking (TTCT), figuurlike vorm, is as meetinstrument gebruik en die Kreatiwiteitsindeks as die parameter van kreatiwiteit. Die belangrikste bevindinge van hierdie studie was as volg : • Dit is moontlik om die kreatiwiteit van moeders en hulle 5- en 6-jarige kleuters op die korttermyn te ontwikkel en te verhoog deur middel van fantasie, deur ‘n program op die moeders toe te pas. • Die Fantasie-tornado is as meta-model ontwikkel, ten einde fantasie te verklaar. • Die Kreatiwiteitskringloop is as meta-model ontwikkel, ten einde die meeste fasette van kreatiwiteit te probeer verklaar. • Om ‘n geïntegreerde weergawe van kreatiewe fantasie te bevestig, is die Kreasie-meta-model saamgestel.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Psychology))--University of the Free State, 2002, Fantasy, Creative ability in children, Creativity, Creation meta-model, Fantasy Tornado, Psychofortology, Solomon four-group design, Torrance Tests of Creative Thinking (TTCT), Creative cycle
Citation