Legal aspects of the protection of cultural heritage

Loading...
Thumbnail Image
Date
2000-10
Authors
Roodt, Henkdrika Christina
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Cultural heritage, whether tangible or intangible, has local, national and international dimensions. The study is concerned not only with the preservation of the physical existence and survival of cultural objects, but also the continuation of the social roles they fulfill. Culture plays a variety of roles today, the scope of which impacts on the definition attached to cultural heritage. Finding a workable definition for culture necessitated a consideration of sociological, anthropological and other meanings of culture. A workable definition for cultural heritage implies that culture must be distinguished from non-culture. Cultural self-determination is of growing importance in the modern world and it is our responsibility to continually reassess and improve our own methods of defining and interpreting our heritage, both tangible and intangible. International law standards and trends regarding protection of cultural objects differ according to whether protection is required in times of war or peace. International criminal jurisdiction exists with respect to war crimes involving cultural heritage and crimes against humanity in the former Yugoslavia, amongst others. Considering the nature of international and internal conflict, it is important for states to be aware of the latest developments in international law. Earlier conventions were developed on the basis of a national idea, for example those that regulate import and export of cultural objects. Progress is evident from the latest international initiatives based on object-related values, which place more emphasis on claims for restitution of cultural objects. Since the international protection of cultural rights found in various international and regional instruments can inform claims before a domestic court, selected international materials were considered, including those containing minority rights. Definitions from selected national laws, on the other hand, give an idea of what states regard as worthy of protection. International and regional initiatives that create mechanisms to facilitate return do not conclusively address the complex issue of who owns cultural property. This necessitated an investigation of different conceptions of and discourses on property and intellectual property. The restitution of property stolen, lost or misappropriated across state boundaries is a complex issue and is explained with reference to examples. Strategies for retention and recovery include rules belonging to the area of the conflict of laws and import and export laws. The trans-national consequences of recovery are investigated, utilising case studies of selected countries. Progress made by South Africa towards the model of the 'cultural state' and protection of the cultural heritage is discussed. In South Africa, the new order is based on a Constitution that shows a commitment to protect multiculturalism. Income levels of the population and the degree of social cohesion are factors that may hamper effective cultural heritage management on the African continent and in South Africa. Given that there is no shared language, tradition or ancestry, constitutional devices have been included to deal with the divergent forces of culture, language and religion in the South African state. These devices are discussed and evaluated. Internally, measures have been adopted to facilitate the management of cultural resources and to stem the flow of cultural heritage or heritage objects to the outside world. Developments pertaining to the legal protection of intangible heritage, such as a legislative framework for language and indigenous intellectual property rights legislation, have been particularly tardy. South Africa faces a number of options under current public international law. To fully understand these options, they are considered separately and where appropriate, against the backdrop of South African conflict of laws. The suitability of different international agreements for South African conditions is indicated. Cultural heritage lies central to how individuals, communities or nations identify themselves. Within this context, the study contributes to an understanding of what cultural heritage means to South Africa, and provides a point of reference for future strategies to improve the identification, protection and nurturing of our cultural heritage.
Afrikaans: Kulturele erfenis, hetsy tasbaar of ontasbaar, het plaaslike, nasionale en internasionale dimensies. Die studie is nie net gemoeid met die bewaring van die fisiese bestaan en oorlewing van kultuurvoorwerpe nie, maar ook met die voortsetting van die sosiale rolle wat hulle vervul. Kultuur speel vandag 'n verskeidenheid rolle en die omvang hiervan beïnvloed die definisie wat aan kulturele erfenis toegeskryf word. Die soeke vir 'n werkbare definisie vir kultuur het oorweging van sosiologiese, antropologiese en ander betekenis van kultuur genoodsaak. Enige werkbare definisie vir die kulturele erfenis impliseer dat kultuur van nie-kultuur onderskei moet word. Aangesien kulturele selfbeskikking in die moderne wêreld van toenemende belang geword het, is dit ons eie verantwoordelikheid om ons metodes van omskrywing en interpretasie van ons erfenis, tasbaar sowel as ontasbaar, op 'n deurlopende grondslag te beoordeel en te verbeter. Internasionale standaarde en tendense van bewaring van kultuurvoorwerpe verskil afhangende daarvan of beskerming vereis word in tye van oorlog of vrede. Internasionale strafregtelike jurisdiksie bestaan onder meer in wat voorheen Joegoeslawië was, met betrekking tot oorlogsmisdade wat misdade teen die mensdom en teen die kulturele erfenis insluit. Gegewe die aard van internasionale en interne konflik, is dit vir state belangrik om bewus te wees van die jongste ontwikkelings op die terrein van die volkereg. Vroeëre konvensies het staat gemaak op 'n nasionale raamwerk, deur byvoorbeeld te fokus op die invoer en uitvoer van kultuurvoorwerpe. Die jongste internasionale inisiatiewe toon 'n duidelike progressie vir sover dit op voorwerpgerigte waardes gegrond is en meer klem plaas op eise vir restitusie van erfenisvoorwerpe. Aangesien die beskerming van kulturele regte wat in verskillende internasionale en streeksinstrumente vervat word, eise in 'n binnelandse hof kan beïnvloed, is geselekteerde internasionale materiaal m ag geneem, insluitende daardie wat aan minderheidsregte beslag gee. Definisies uit geselekteerde nasionale wette word gebruik om aan te dui wat state beskermingswaardig ag. Internasionale en streeksinisiatiewe wat meganismes skep vir die fasilitering van teruggawe, spreek nie die komplekse kwessie van wie kultuurgoedere besit, pertinent aan nie. Dit het 'n ondersoek van verskillende opvattings en diskoerse oor eiendom en intellektuele goedere genoodsaak. Die regsreëls wat van toepassing is op die teruggawe van gesteelde, verlore eiendom of van eiendom wat oor staatsgrense heen wederregtelik toegeëien is, is 'n komplekse kwessie en word met verwysing na voorbeelde verduidelik. Strategieë vir behoud en restitutsie sluit in reëls wat betrekking het op internasionale privaatreg en invoer- en uitvoerregulasies. Die studie betrag hierdie reëls en ondersoek die transnasionale gevolge van restitutsie aan die hand van gevallestudies uit geselekteerde lande. Die vordering wat Suid-Afrika gemaak het gemeet teen die standaard van die kultuurstaat en die beskerming van kulturele erfenis word bespreek. Die grondslag van die nuwe bedeling in Suid- Afrika is 'n Grondwet wat daartoe verbind is om die diversiteit van kultuur te beskerm. Inkomstevlakke van die bevolking en die graad van sosiale kohesie is faktore wat doeltreffende kultuurerfenisbestuur op die Afrika-kontinent en in Suid-Afrika kan belemmer. Gegewe die feit dat daar nie gedeelde taal, tradisie of afkoms is nie, is grondwetlike meganismes deur die grondwetopstellers bedink om die uiteenlopende kultuurkragte, taal en godsdiens te hanteer. Hierdie meganismes word bespreek en beoordeel. Hier te lande is op munisipale vlak maatreëls aanvaar om die bestuur van kultuurhulpbronne te fasiliteer en om die vloei van kulturele erfenis of erfenisvoorwerpe na die buitewêreld te stuit. Die daarstelling van raamwerke vir die wetlike beskerming van ontasbare erfenis, soos vir taal en inheemse intellektuele goedereregte, het tot nou toe besonder traag geskied. Suid-Afrika se toetrede tot die internasionale arena het 'n aantal moontlikhede ingevolge die hedendaagse volkereg oopgestel. Ten einde hierdie moontlikhede volledig te verstaan, word hulle afsonderlik bespreek en word die relevant reëls op die terrein van die internasionale privaatreg ook beskou. Die toepaslikheid van verskillende internasionale ooreenkomste vir Suid-Afrikaanse omstandighede word aangedui. Kultuurerfenis speel 'n belangrike rol in die wyse waarop individue, gemeenskappe, volke en nasies hulleself identifiseer. Teen die agtergrond van hierdie proses van self-definiëring, besin die studie oor die betekenis van kulturele erfenis vir Suid-Afrika, en bied dit 'n verwysingspunt vir strategieë wat nog ontwikkel moet word vir verbeterde identifikasie, beskerming en koestering van ons kulturele erfenis.
Description
Keywords
Cultural heritage, Cultural state, Folklore, Human rights, Illicit export, Museums, Multilingualism, Object values, PANSALB, Right to culture, Restitution of cultural objects, Cultural property -- Protection -- Law and legislation -- South Africa, Thesis (LL.D. (Constitutional law))--University of the Free State, 2000
Citation