Die musikale bydrae en loopbaan van Jacques Pierre Malan

Loading...
Thumbnail Image
Date
1988-11
Authors
Krugel, Marizan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Hoofstuk 1 beskryf Malan se lewensverloop. Hy is gebore te Middelburg, Transvaal. Sy ouers was albei musiekbewus. Hy is opgelei as natuurwetenskaplike, maar het oorgegaan in die musieklewe as onderwyser, omroeper by die SAUK, lektor en in administratiewe betrekkings in die Transvaalse Onderwysdepartement. Hy is beinvloed deur onder andere Peter Cruse en N.P. Van Wyk Louw. Daarby is hy sterk volksbewus, 'n Christen en sterk opvoedkundig ingestel. Hoofstuk 2 gee sy werklys aan wat bestaan uit: - Gewyde musiek, waaronder verwerkings van Psalms en Gesange, asook die verwerkings v an die Jeugsangbundel. - Vokale sekulêre musiek, wat insluit sy operettes, verwerkings in die FAK, koorwerke, verwerkings vir mannekoor, dogterskoor en gemengde koor, kantates en werke vir die kinderbevolking. - Instrumentale musiek, waaronder tel sy snelstudies, bladleesstukke en TV-drama. - Komposisies wat Malan as sy beste beskou. Dit is hoofsaaklik vokaal maar sluit ook 'n reeks hobostukke in wat hy vir sy oudste seun gekomponeer het. Hoofstuk 3 handel oor Malan se idees. Ten opsigte van musikale style noem hy sy voorliefde vir imitasie, asook die feit dat hy verkieslik vir 'n spesifieke behoefte skryf. Sy belangrikste idee oor kerkmusiek is dat elke persoon op sy eie musikale manier mag aanbid. Ook voel hy sterk daaroor dat daar meer sang tydens die erediens behoort te wees en dat die harmonieë wat vir gemeentesang gebruik word aan sekere beperkings onderhewig moetwees. Met die toonsetting van woorde het hy altyd doelbewus die stemming van die teks in ag geneem, en onderwys lê hom geweldig na aan die hart. Hy voel baie sterk oor voldoende Staatsondersteuning ten opsigte van musiekonderwys, dat alle instrumente binne bereik van die leerling moet wees, en dat onderwys aan al die verskillende ras- en taalgroepe met hulle eie volksmusiek as uitgangspunt gegee moet word. Hoofstuk 4, wat Malan as onderwysbeplanner bespreek, wys veral op sy aandeel in die wysiging van die ordonnansie, die stiging van musieksentrums, jeugkore en -orkeste, die Kuns-, Musiek- en Balletskole en sy werk as moderator. Hoofstuk 5 bevat omskrywings en harmoniese analises van 10 van sy werke wat hy as sy bestes beskou.
Description
Keywords
Musicians, Musicians -- South Africa, Dissertation (M.Mus. (Music))--University of the Free State, 1988
Citation