Die invloed van rywydte op die voorspellingswaarde van die CERES-Maize mieliegroeisimulasiemodel in die Wes-Transvaal

Loading...
Thumbnail Image
Date
1991-11
Authors
Du Toit, A. S.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die drieledige doel van die studie was om die wenslikheid te ondersoek om genetiese parameters d.m.v. nie-lineêre optimisering te bepaal. Tweedens om CERES-Maize fenologies te evalueer en derdens die invloed van rywydtes op die voorspellingswaarde van die model te bepaal. Die GROSUB en PHENOL subroetines is gemodifiseer om die model se voorspellingswaarde te verbeter vir die Wes-Transvaal. Proef 1 Nie-lineêre regressie as alternatiewe metode om die genetiese parameters van CERES-Maize te bepaal is geëvalueer. NETCAL is 'n nie-lineêre optimiseringsprogram wat Nelder en Mead (1965) se metode gebruik vir optimisering. Die geoptimaliseerde het CERES-Maize se voorspellingswaarde verbeter. Moontlike simulasietekortkominge in CERES-Maize is deur NETCAL uitgewys. Die potensiële gebruik van NETCAL word bepaal deur die vaardigheid van die modelleerder. Proef 2 Gewasgroeimodelle is voorgestel as hulpmiddelom blomdatum in die Wes-Transvaalse mielieproduksiegebiede te voorspel om sodoende die plantdatum te manipuleer om die effek van die midsomerdroogte tydens blomstadium te verminder. CERES-Maize V2.1 word onafhanklik geëvalueer en sekere veranderings word aangebring om die fenologiese voorspellingswaarde te verhoog. PNR 6363, PNR 473 en A 1849 W is oor 21 plantdatums aangeplant. PNR 473 is gebruik om die modifikasies t.o.v. blaarverskyning en blaarinisiasie aan te bring, terwyl die ander twee cultivars gebruik is om te verifieer dat die modifikasies nie cultivarspesifiek is nie. Die veranderings aan die PHENOL subroetine het CERES-Maize se fenologiese voorspellingswaarde vir die Wes-Transvaal verbeter. Proef 3 Proewe is in die Wes-Transvaal uitgevoer om die effek van ses rywydtes op CERES-Maize uitgawe 2.1 te evalueer. Die simulasie van die uitdowingskoëffisiënt (UK) was onakkuraat en die vermoë om vir meer as een kop en spruitvorming te simuleer, ontbreek. Die inbou van 'n verbeterde UK vergelyking en tweedekopsimulasie in die GROSUB subroetine het die model se voorspellingswaarde verbeter by wye rye (0,8 tot 3,0 meter) en in lae plantpopulasie (l,S plante/m2). Die veranderings maak CERES-Maize meer toepaslik vir die klimaatsone. 'n Meer meganistiese benadering tot kompenserende groei en die verspreiding van droëmateriaal onder verskillende verbouingspraktyke, sal verder ondersoek moet word. Die studie het nie alleen CERES-Maize se voorspellingswaarde verhoog nie, maar ook bestaande kennis is uitgebrei oor die invloed van die Wes-Transvaal klimaat en verbouingspraktyke op die mielieplant.
Description
Keywords
Corn, South Africa, Spacing, CERES-Maize (computer program), Forecasting, Dissertation (M.Sc. (Agronomy)) - University of the Free State, 1991
Citation