Abstract:
Sosiale media as nuwe fenomeen het ‘n instrument geword wat deur meeste TV-evangeliste
en pastore regoor die wêreld gebruik word. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Facebookaktiwiteite
van sommige Ghanese Pentekostale pastore vanuit ‘n missionale perspektief
ondersoek word. In hierdie artikel word die volgende ondersoek: Die konsepte van sosiale media
en Facebook, veral dan in terme van hulle potensiaal vir missionale doeleindes; die Facebookfenomeen,
spesifiek onder die Ghanese; en die wyse waarop Ghanese Pentekostale pastore van
Facebook gebruik maak vir missionale doeleindes. Die navorsing bevind dat Ghanese pastore
deur mense van verskillende godsdienstige en sosiale agtergronde op sosiale media gevolg word.
Dit bied aan pastore en hulle geloofsgemeenskappe die geleentheid om verhoudings met ‘n wye
verskeidenheid mense te ontwikkel, sonder om deur die grense van geografiese gesitueerdheid
beperk te word.