Improving ostrich welfare by developing positive human-animal interactions

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Animal welfare has recently gained significant attention in commercial livestock industries worldwide. Specifically, several studies involving husbandry practices with positive human-animal interactions have shown a favourable link between improved animal welfare and production. However, limited research is currently available on optimal husbandry practices for the ostrich industry, which is still plagued by low fertility, high embryo and chick mortality, as well as variable growth rates. The poor ostrich production performance observed could thus reflect the difficulties of the birds to adapt to the commercial farming systems, and/or a failure of commercial practices to provide the basic requirements for this newly domesticated species. Hence, this study examined the effect of different husbandry practices varying in the intensity of human presence and interactions with ostrich chicks from day-old to 3 months of age on: weight gain, survival, immune competence, short- and long-term stress responses, social behaviour, docility, fear responses, meat quality and skin damage. The reproduction performance when the birds reached sexual maturity also was recorded. The study showed that exposure to additional human contact (as compared to standard husbandry practices where human contact was limited to the provision of food and water), resulted in improved early growth, survival and immune competence, and even more so when chicks were exposed to gentle physical handling interactions. Furthermore, chicks exposed to such human presence and interactions expressed lower short-term stress responses when exposed to a potentially stressful event (i.e. feather harvesting and feather clipping), and lower long-term stress responses (as measured in corticosterone levels in the floss feathers), compared to chicks exposed to limited human presence. These results suggest an improved ability of the former to adapt to routine ostrich farm management practices. Furthermore, while social behaviour, docility and fear responses to humans when the birds reached the juvenile stage did not vary between the different husbandry practices, the birds habituated to human presence at an early age were more likely to associate with a familiar rather than an unfamiliar human. This suggests that ostriches can not only discriminate between people, but also adjust their behaviour accordingly. Husbandry practices did not affect meat pH, meat colour, carcass attributes or skin damage. Females that received additional human presence along with physical gentle handling produced a higher number of eggs in their first year of reproduction as 2-year-olds, compared to females that were exposed to limited human presence. The difference in egg production was not observed during the second year of breeding. Hence, additional human presence combined with gentle physical handling seemed to improve early egg production and adaptation of females to the breeding environment. The results of this study revealed that positive human-chick interactions could potentially alleviate problems associated with ostrich chick rearing, by reducing stress sensitivity while improving production performance. More specifically, this study has highlighted promising ways to overcome major constraints faced by ostrich farmers. A slight change of current management practices, through increasing positive human-animal interactions with these relatively wild animals has shown to be beneficial. However, further studies are required to assess the financial viability of these alternative husbandry systems. This will entail promoting animal welfare by comparing economic costs associated with different levels of animal welfare and the associated production performance in these production systems.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar word tans wêreldwyd baie aandag aan dierewelsyn by kommersiële plaasdiere geskenk. Verskeie studies het in hierdie verband op „n gunstige verwantskap van positiewe mens-dierverhoudings met welsyn en produksie gedui. Daar is tans egter slegs beperkte navorsing beskikbaar sover dit optimale boerderytegnieke vir volstruise aangaan, terwyl die bedryf nog gebuk gaan onder lae vrugbaarheid, hoë embrionale- en kuikenvrektes, sowel as groot variasie in groeitempo. Hierdie swak prestasie hou moontlik verband met die onvermoë van die diere om by die kommersiële produksiestelsel aan te pas, en / of die onvermoë van die bedryfstelsels om aan die basiese behoeftes van hierdie onlangs gedomestikeerde spesie te voldoen. Hierdie studie het gevolglik die invloed van verskillende bestuurspraktyke wat verskil na gelang van die intensiteit van menslike teenwoordigheid en interaksie met volstruiskuikens van dagoud tot 3-maande-ouderdom bestudeer ten opsigte van gewigstoename, oorlewing, immuniteitsbevoegdheid, kort- en langtermyn stresreaksies, sosiale gedrag, makheid, vrees vir mense, vleisgehalte, velskade sowel as die reproduksieprestasie nadat geslagsrypheid bereik is. Die studie het daarop gedui dat bykomstige kontak met mense (in vergelyking met die standaard bestuurspraktyk waar menslike blootstelling beperk was tot die verskaffing van voer en water) tot verbeterde vroeë groei, oorlewing en immuniteitsbevoegdheid gelei het. Die effek is versterk waar dit met positiewe fisiese aanraking gepaard gegaan het. Kuikens wat aan intensiewe menslike teenwoordigheid gepaardgaande met positiewe fisiese aanraking onderwerp is, het laer vlakke van korttermynstres ervaar wanneer hulle blootgestel was aan potensieel stresvolle aktiwiteite (soos die oes en knip van vere). Voëls het ook laer langtermynstresvlakke gehad (soos gemeet met kortikosteroonvlakke in die vlosvere), in vergelyking met kuikens wat beperkte menslike blootstelling gehad het. Hierdie resultaat dui op „n beter aanpassingsvermoë van die eersgenoemde groep by roetine plaasbestuurspraktyke. Alhoewel sosiale gedrag, makheid en die vreesreaksies op mense by jong volstruise nie verskil het tussen die onderskeie behandelings nie, het die volstruise wat op „n jong ouderdom gewoond gemaak is aan die menslike teenwoordigheid, meer geredelik met „n bekende persoon as met „n onbekende persoon geïnterreageer. Dit suggereer dat volstruise dus nie net tussen mense kan onderskei nie, maar ook hulle gedrag ooreenkomstig aanpas. Bestuurspraktyke het nie vleis-pH, -kleur, karkaseienskappe of velskade beïnvloed nie. Wyfies wat as jong kuikens aan intensiewe menslike teenwoordigheid met positiewe fisiese hantering blootgestel is, het meer eiers tydens hulle eerste jaar in die broeikudde geproduseer as wyfies wat as jong kuikens blootgestel was aan beperkte menslike teenwoordigheid. Alhoewel hierdie verskil in eierproduksie nie tydens die tweede reproduksiejaar herhaal is nie, dui hierdie resultate daarop dat addisionele menslike teenwoordigheid gepaardgaande met positiewe aanraking na alle waarskynlikheid die aanvanklike aanpassing van wyfies by die broeiomgewing verbeter het. Die resultate van hierdie studie dui daarop dat positiewe mens-kuikeninteraksies moontlik probleme wat algemeen met kuikengrootmaak ondervind word verminder kan word deur moontlik deur die vatbaarheid van die kuikens vir stres te verlaag, en so produksieprestasie kan verbeter. Meer spesifiek het die studie belowende maniere uitgewys waarvolgens die wesenlike beperkinge wat volstruisprodusente ondervind deur geringe aanpassings in die bestuurspraktyke wat tans in gebruik is, oorkom kan word. Verdere studies word egter benodig om die finansiële haalbaarheid van hierdie alternatiewe produksiepraktyke wat dierewelsyn voorop stel te ondersoek deur die ekonomiese kostes van die verskillende produksiestelsels wat verband hou met verskillende vlakke van dierewelsyn en die geassosieerde produksieprestasie van hierdie produksiestelsels te vergelyk.
Description
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Ostriches -- Animal welfare, Ostriches -- Reproduction, Ostriches -- Human-animal interactions, UCTD
Citation