Investigating the effect of enhanced input on the use of English passive in Afrikaans-speaking adolescent learners of English as L2

Date
2011-12
Authors
Nell, Karin
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: When English as a second language (L2) is learnt via classroom instruction, the extent to which learners become proficient depends, in part, on the education system in place and, more specifically, on the methods of instruction. This study set out to compare the efficacy of two focus-on-form methods of L2 instruction, namely enhanced input and traditional teacher-centred instruction, in teaching one typically problematic aspect of English grammar for L2 learners, namely the use of the passive form. The participants comprised two groups of grade 11 Afrikaans-speaking learners in a secondary, Afrikaans-English parallel medium school in the southern region of Gauteng, South Africa. One day before the onset of instruction on the English passive, all potential participants completed a pre-test to assess their existing knowledge of the English passive, in order to allow the members of one group to be paired with the members of the other group. Eight pairs could be found; a total of 16 learners thus participated in the study. Both groups then received 14 lessons (7 hours in total) on the English passive: The Enhanced group received (written) input enhancement in groups, whereas the Traditional group as a whole did copying exercises and received explanations on the formation of the passive structure. Participants wrote a post-test immediately after the end of the instruction period and a delayed post-test nine weeks later. The results of the immediate and delayed post-tests did not indicate a significant difference between the two groups; neither did the learners’ scores improve significantly from the pre-test to the post-tests. Reasons for this lack of improvement are suggested. Classroom observation indicated that learners in the Enhanced group enthusiastically participated in the activities, whereas the Traditional group appeared to be bored after a few lessons. The study also set out to ascertain whether different methods of assessment on the English passive lead to different test marks. It seemed that assessment tasks requiring little writing (such as multiple choice questions) result in higher marks than tasks requiring learners to formulate answers on their own. Although this was a small-scale study, the results suggest that under better circumstances (e.g., more time for instruction and a larger group of participants) it might be useful to conduct similar types of studies to test the effects of enhanced input and/or assessment methods when South African schools change from Outcomes Based Education to the new Curriculum and Assessment Policy Statement system in 2012.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Wanneer Engels as tweede taal (T2) deur middel van die klaskameronderrig aangeleer word, hang die vaardigheid wat die leerder verwerf gedeeltelik af van die opvoedkundige sisteem waarbinne T2- onderrig geskied en, meer spesifiek, van die metodes van onderrig wat gebruik word. Die doel van hierdie studie was om die effektiwiteit van twee fokus-op-vorm-metodes van T2-onderrig met mekaar te vergelyk, naamlik verrykte toevoer en tradisionele onderwysergesentreerde onderrig, in die onderrig van een tipies problematiese aspek van die Engelse grammatika, naamlik die gebruik van die passiefvorm. Die deelnemers het bestaan uit twee groepe Afrikaanssprekende graad 11- leerders in ‘n sekondêre, Afrikaans-Engels parallel-medium skool in Suid-Gauteng. Alle deelnemers het een dag voor die aanvang van die onderrig oor Engelse passiefvorme ‘n voortoets afgelê sodat hul bestaande kennis aangaande sulke vorme gemeet kon word. Op grond van hul toetsresultate is die lede van die een groep daarna met die lede van die ander groepe afgepaar. Agt pare is geïdentifiseer; in totaal was daar dus 16 deelnemers. Beide groepe het 14 klasse (7 ure in totaal) se onderrig oor die Engelse passiefkonstruksie ontvang: Die Verrykte groep het geskrewe toevoer in groepsverband ontvang, terwyl die Tradisionele groep verduidelikings oor die vorming van die passief asook afskryf-oefeninge ontvang het. Deelnemers het onmiddellik ná die 14 klasse ‘n na-toets geskryf en nege weke ná instruksie ‘n uitgestelde na-toets. Die resultate van die onmiddellike en uitgestelde na-toets het nie beduidende verskille tussen die groepe aangedui nie. Die leerders se uitslae het ook nie beduidende verskille tussen die onmiddellike- en uitgestelde na-toets getoon nie. Redes vir die gebrek aan meetbare vordering word aangevoer. Klaskamer-observasie het egter getoon dat leerders wat die verrykte toevoer ontvang het, meer entoesiasties aan klaskameraktiwiteite deelgeneem het teenoor die groep wat tradisioneel onderrig is en verveeld voorgekom het. Die studie het ook gepoog om te bepaal of verskillende assesseringsmetodes vir Engelse passiewe lei tot verskillende toetsuitslae. Dit het voorgekom asof assesseringstake wat minimale skryfwerk vereis het (bv. veelvuldige keuse-vrae) tot beter resultate gelei het as die vrae wat van leerders verwag het om self antwoorde te formuleer. Alhoewel die studie van beperkte omvang was, is daar aanduidings dat dit – onder meer geskikte toestande (bv. meer tyd vir instruksie en groter deelnemergroepe) – nuttig sal wees om soortgelyke studies oor verrykte toevoer en/of verskillende assesseringsmetodes uit te voer, veral wanneer Suid-Afrikaanse skole in 2012 van Uitkomsgebaseerde Onderrig na die Assessment Policy Statement-sisteem toe verander.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Passive constructions, Enhanced input, L2, focus-on-form, Theses -- General linguistics, Dissertations -- General linguistics
Citation