Research into the properties of lateritic gravels and their impact on pavement design

Date
2000-12
Authors
Ng'anjo, Peter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Laterites are used extensively in the tropics as road building materials in unbound base, sub-base layers and in surface layers. However, most base course specifications usually require the provision of crushed and graded stone or stabilized base and often exclude the general use of as-dug laterites or other naturally occurring gravels. Various field studies in the past have clearly indicated that many lateritic gravel deposits can be used successfully as base course materials in roads carrying low to medium traffic without incurring additional maintenance costs and with considerable cost savings in pavement construction rehabilitation. Further research is needed for the more precise definition of the relationship between laterite characteristics, traffic loading, environment, and pavement performance. In this study, extensive use was made of static and cyclic triaxial testing to investigate the fundamental behaviour of a lateritic gravel material. The tests produce information for characterizing the shear strength, stress-strain properties and behaviour under repeated loading. The gravel was sourced from stockpile at Malans Transport borrow pit at Maaitjies Kuil near Cape Town. Testing was conducted on the material both as granular material and stabilized with cement and foamed bitumen. Testing was done under various conditions of stress, moisture and compaction. The resilient modulus of the lateritic gravel was found to be affected by moisture and compaction apart from the stress condition. Well known models were used to characterize the stressdependent resilient modulus. A model for prediction of permanent deformation was developed which together with the resilient modulus model were applied to the design of a light pavement structure composed of lateritic gravel base.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Lateriete word wydverspreid gebruik in die trope as 'n padbou materiaal. Die materiaal word gebruik in ongebonde kroonlae, stutlae en oppervlaklae. Die meeste spesifikasies vir kroonlae vereis dat gegradeerde gebreekte klip of gestabiliseerde materiaal in die kroonlaag gebruik word. Die spesifikasies maak nie voorsiening vir lateriet en gruis wat natuurlik voorkom nie. Verskeie veldstudies in die verlede het duidelik getoon dat lateritiese materiaal met sukses gebruik kan word in die kroonlae van paaie wat ligte tot medium verkeer dra. Lateriete kan gebruik word sonder addidionele onkoste vir instandhouding en daar is merkbare kostebesparings wanneer plaveisels rehabiliteer word. Die verhouding tussen lateriet eienskappe, verkeerslas, omgewingsinvloede en plaveisel werkverrigting moet beter gedefinieer word deur verdere navorsing. In hierdie studie is omvattend gebruik gemaak van eenmalige en herhaalde belasting drie-assige toetse om die fundamentele gedrag van lateritiese materiaal te definieer. Hierdie toetse se resultate lewer inligting oor die skuifsterkte, spanning-vervorming eienskappe en gedrag onder herhaalde belasting. Die gruis wat gebruik is, is verkry vanaf 'n materiaalopslag by die leengroef van Malans Transport te Maaitjies Kuil naby Kaapstad. Die materiaal is getoets as granulêre materiaal en gestabiliseer met sement en skuim-bitumen. Die toetse is gedoen onder verskillende toestande van spanning, voginhoud en verdigting. Daar is bevind dat die veerkragtigheidmodulus van die lateritiese gruis nie net deur die aangewende spanning beïnvloed word nie, maar ook deur die voginhoud en verdigting van die materiaal. Welbekende modelle is gebruik om die spanningsafhanklike gedrag van die materiaal te karakteriseer. 'n Model is ook ontwikkel om die permanente vervorming van die materiaal te voorspel. Die twee modelle vir die veerkragtigheidsmodulus en permanente vervorming is gebruik om 'n ligte plaveiselstruktuur mee te ontwerp wat 'n lateritiese kroonlaag bevat.
Description
Thesis (M.Ing.)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Pavements -- Design and construction, Road materials, Dissertations -- Civil engineering
Citation