Die verband tussen aggressie en sosiale vaardighede

Date
2001-12
Authors
Storm, Wiandi
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Violence and aggression are becoming commonplace occurrences in the South African society. It has no cultural, age or gender preference and its effects are becoming more and more visible in the economic, social and interpersonal levels. This assignment aimed to reflect the relationship between aggression and social skills by means of a literature survey. Different theories were discussed to explain the development off aggression and social skills as well as the relationship between these two variables. The primary focus was on the influence of exposure to aggression and/or social skills in childhood years. The development of aggression and social skills plays an important role when it comes to the clarification of the interaction between aggression and social skills. The focus was on external factors like socio-political and socio-economical factors, as well as factors on a more interpersonal level like the family and the education system outside the family. Researchers found that there is an interaction between aggression and the shortfall off specific social skills like: effective communication skills, assertiveness, conflict management or problemsolving skills, disclosure and emotional support. In conclusion, recommendations are made with future research in mind.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Geweld en aggressie is besig om 'n allerdaagse verskynsel in die Suid-Afrikaanse gemeenskap te word. Dié geweld het geen grense ten opsigte van kultuur, ouderdom of geslag nie en oefen sigbare druk op sosiale, ekonomiese en interpersoonlike vlakke uit. Die doel van hierdie werkstuk was om die moontlike verband tussen aggressie en sosiale vaardighede aan die hand van 'n literatuurstudie te bespreek. Verskeie teorieë is bespreek om die ontwikkeling van aggressie en sosiale vaardighede asook die verband tussen die twee veranderlikes te ondersoek. Daar is hoofsaaklik gefokus op die invloed van blootstelling aan aggressie en/of sosiale vaardighede in die kinderjare. Die ontstaan van aggressie en sosiale vaardighede speel 'n belangrike rol by die verklaring van die verband tussen aggressie en sosiale vaardighede. Daar is gefokus op eksterne faktore naamlik sosio-politiese en sosio-ekonomiese faktore asook faktore op 'n meer interpersoonlike vlak naamlik die gesin en die opvoedingstelsel buite die gesin. Navorsers het gevind dat daar 'n verband is tussen aggressie en 'n tekort aan spesifieke sosiale vaardighede naamlik: effektiewe kommunikasievaardighede, selfgelding, konflikbestuur of probleemoplossingsvaardighede, ontsluiting en emosionele ondersteuning. Ten slotte is aanbevelings met die oog op toekomstige navorsing gemaak.
Description
Thesis (MSc)--University of Stellenbosch, 2001.
Keywords
Aggressiveness, Social skills, Dissertations -- Psychology
Citation