Die verband tussen adolessente se persepsies van gesinsfunksionering en hulle identiteitsontwikkeling

Date
2002-12
Authors
Adams, Quinton N. P.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The adolescent's efforts to discover and create an identity are the most important task of this period of life. Identity formation can be regarded as a central developmental task during adolescence. For Erikson (1968) adolescence is marked by the need to resolve the crises of identity vs role confusion. The child cannot be seen in isolation from his system, especially the family in which he/she functions. The adolescent's identity and how he/she respond to the teenage years and development to adulthood is influenced by what happens in the family. The aim of the study is to investigate the relationship between the adolescent's perception of family functioning and identity development. The target group was Grade 12 (163) pupils from 3 secondary schools within Circuit 1 in the Bellville region in Cape Town. Two instruments were used, The Extended Objective Measure óf Ego Identity Status (EOM-EIS-2) (Adams,1999; Bennion and Adams,1986) and the Family Functioning in Adolescence Questionnaire (FFAQ) (Langey,1994). The EOMEIS- 2 is a self administered questionnaire. The 64-item instrument is an extension of Marcia's identity status paradigm and assesses psychosocial maturity with regard to oocupational, religious, political, and social dimensions of identity development. The FFAQ is developed to provide an instrument for assessing the psychosocial health of the family during the stage of having adolescent children, as perceived by the adolescent. It examines six dimensions of family functioning: structure, affect, communication, behaviour control, value transmission and external systems. In view of the results reported the most important findings can be summarized as follows: Identity diffusion shows a significant negative correlation with various dimensions of family functioning, including affective interaction in the family, communication, behavior control, the transmission of values, and the role of external systems in family life. This finding partly applies to three of the four subgroups, with the Afrikaans-speaking males the only exception. Among the English-speaking subgroup (males and females) the identity achievement status shows a significant positive correlation with communication and with the transmission of values in the family. Among the Afrikaans-speaking subgroup (males and females) the identity foreclosure status shows a significant positive correlation with communication, behavior control, the transmission of values, and the role of external systems in family life. Various important implications for education were pointed out.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die adolessent se pogings om 'n identiteit te vorm en te ontdek is die belangrikste taak van hierdie lewensfase. Identiteitsontwikkeling kan dus beskou word as 'n sentrale ontwikkelingstaak gedurende adolessensie. Vir Erikson (1968) word adolessensie gekenmerk deur die behoefte om die krisis van identiteit teenoor rolverwarring op te los. Die kind kan nie in isolasie van sy/haar sisteme gesien word nie, veral die gesin waarin hy/sy funksioneer. Die adolessent se identiteit en hoe hy/sy die tienerjare en die ontwikkeling na volwassenheid hanteer, gaan beïnvloed word deur wat gebeur in die gesinskonteks. Die doel van die studie was om die verband tussen adolessente se persepsies van spesifieke dimensies van hul gesinsfunksionering en hul identiteitsvorming te ondersoek. Die ondersoekgroep (N=163) het bestaan uit die graad 12-leerders van drie sekondêre skole binne Kring 1 van die Bellville-streek in Kaapstad. Twee instrumente is gebruik. naamik die Extended Objective Measure of Ego Identity Status-2 (EOM-EIS-2) (Adams, 1999; Bennion & Adams,1986) en die Vraelys vir Gesinsfunksionering gedurende Adolessensie (VGFA) (Langley, 1994). Die EOM-EIS-2 is 'n self-verslag vraelys, wat bestaan uit 64-items wat psigososiale volwassenheid in die ideologiese domein en die interpersoonlike domein van identiteitsontwikkeling meet. Die Vraelys vir Gesinsfunksionering gedurende Adolessensie (VGFA) word in hierdie ondersoek as instrument. gebruik om die psigososiale funksionering van die gesin, volgens die persepsies van die adolessent, te bepaal. Ses dimensies van gesinsfunksionering word afsonderlik, sowel as gesamentlik, ondersoek, naamlik: struktuur, affek, kommunikasie, gedragskontrole, waarde-oordrag en die rol van eksterne sisteme. Van die belangrikste bevindinge wat uit die ondersoek geblyk het, is die volgende: Identiteitsdiffusie toon 'n beduidende negatiewe korrelasie met verskeie dimensies van gesinsfunksionering, insluitend affektiewe interaksie, kommunikasie, gedragsbeheer en die oordrag van waardes in die gesin, asook die rol van eksterne sisteme in die gesinslewe. Hierdie tendens is by drie van die vier subgroepe gevind, uitgesluit die Afrikaanssprekende seuns. - Slegs in die Engelssprekende groep (meisies en seuns) toon die identiteitsverwerwingstatus 'n beduidende positiewe korrelasie met gesinsdimensies soos kommunikasie en die oordrag van waardes. In die Afrikaanssprekende groep (meisies en seuns) toon identiteitsluiting 'n beduidende positiewe korrelasie met gesinskommunikasie, gedragsbeheer, die oordrag van waardes, en die rol van eksterne sisteme. Belangrike opvoedkundige implikasies van die ondersoekbevindinge word aangedui.
Description
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Personality development, Personality in adolescence, Parent and child, Self-perception in adolescence, Dissertations -- Education, Theses -- Education
Citation