Die objek van outeursreg

Date
1989-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: English abstract not available
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tradisionele opvatting was dat Outeursreg gemoeid is met die beskerming van die materiele vorm waarin idees vasgele is. Sedertdien het die klem egter verskuif na die beskerming van die idee self mits dit egter in stoflike vorm vervat is. In hierdie tesis word ondersoek ingestel na wat presies die objek van Outeursreg is en watter rol stoflike aanbieding in Outeursreg sped. Ter aanvang word gekyk na die ontstaan en ontwikkeling van Outeursreg. Daar word gekyk na die pick wat Outeursreg in die regsisteem beklee met spesifieke verwysing na die tradisionele indeling van subjektiewe regte. Dit blyk hieruit dat Outeursreg, as bestaandeel van Immaterieel goedereg, 'n onstoflike regsobjek het nl. die produk van die outeur se geestesarbeid of dan sy idee. Die verwysing na die vereiste van stoflike aanbieding van idees verg egter nadere ondersoek. Die Wet op Outeursreg 98 van 1973 word ontleel met betrekking tot die aard van beskermde werke; vereistes vir Outeursregbaskerming; definisies van terme soos "outeur" en "maak" asook die van die onderskeie werke; die eiendomsregterminologie en skendingshandelinge. Regsvergelykend word oorsigtelik ook na die Amerikaanse Reg verwys. Uit hierdie ontleding blyk stoflikheid vir doeleindes van die tradisionele Outeursregwerke te verwys na tasbare aanbieding daarvan, mar dat sb 'n eng definisie nie gehandhaaf kan word ten opsigte van moderne tegnologiese ontwikkelings soos uitsendings en programdraende seine nie, aangesien hierdie werke van sä 'n aard is dat tasbare vasle:gging daarvan nie noodwendig altyd plaasvind nie. Onder die skrywers wat hierdie probleem bespreek is professors Copeling en Van der Merwe wat aan stoflikheid 'n alternatiewe, wyer betekenis toedig nl. kommunikeerbare of sintuiglik waarneembare aanbieding. 'n Botsing tussen die tradisionele en aanbevole definisie van stoflikheid in die regspraak word ook uitgewys. Ten einde tegnologie te akkommodeer word die wyer definisie van stoflikheid in hierdie tesis voorgehou. Die implikasies van hierdie wyer definisie van stoflikheid is egter verreikend. Professor Copeling bevestig dan ook dat dit die moontlikheid van Outeursreg in mondelinge kommunikasies inhou. Gevolglik word daar veral gekyk waarom idees as sulks beskerm word deur Onregmatige Mededinging, maar nie deur Outeursreg nie - 'n vraag wat beantwoord word met verwysing na die invloed van moderne tegnologie op die tradisionele indelings van die Immaterieel goederereg. Uit hierdie ondersoek blyk dit dat Onregmatige Mededinging berus op die Immaterieel goederereg in plaas van die Deliktereg. Die uitgebreide definisie van stoflikheid veroorsaak dat die bestaande indelings van Immaterie61 goedereregte versmelt. Dit ruim ook die huidige konflik rondom die vereiste van stoflikheid in die Wet op Outeursreg 93 van 1973 uit die weg. Laastens word kortliks gewys op die drastiese veranderinge in die spelreels vir inligtingsprodukte wat nodig sal wees om die balans tussen die aansprake van Outeursreghebbendes en die gemeenskap te handhaaf indien die uitgebreide definisie van stoflikheid aangewend word. Uiteindelik dien stoflikheid ook in sy uitgebreide vorm steeds die tradisionele doe om die werk af te skei van die maker se persoonlikheid en dit sodoende buite die mens gelee te maak.
Description
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 1989.
Keywords
Copyright -- South Africa, Copyright -- United States, Copyright -- Law and legislation -- South Africa, Copyright Act, 98 van 1978, Intellectual property -- Law and legislation -- South Africa, Copyright -- Great Britain
Citation